14 ook beseer in botsing tussen minibus en motor
Drie sterf in N2-ongeluk
JONGSTE! Die dodetal in die N2-ongeluk naby Heidelberg staan nou op vyf, het die polisie bevestig. Die mense wat in die motorvoertuig gereis het, was ‘n gesin van vier. Die pa (42) en ma (43) is op die toneel dood, terwyl hul twee seuns van13 en 20-jaar-oud, in die hospitaal gesterf het. Die vyfde slagoffer was ‘n passasier in die minibus, ‘n 34-jarige vrou.
ONGELUKSTONEEL: Ten minste drie mense is dood en 14 beseer in ‘n ongeluk op die N2 naby Heidelberg Dinsdagoggend, 7 Julie 2026.

Die ongeluk het omstreeks 10:00 tussen ‘n minibus en ‘n motorvoertuig in die rigting van Swellendam plaasgevind, volgens bronne op die toneel.
Die Wes-Kaapse hoofdirekteur vir verkeersbestuur, Maxine Bezuidenhoud, het bevestig dat drie mense op die toneel dood verklaar is.
Die Heidelberg-polisie het ‘n saak van strafbare manslag geopen.
Bezuidenhoud het padgverbruikers om versigtig in die gebied te bestuur.
Related News
Police foil firearms deal
CRIME SCENE: Pelican Heights, Cape Town: The South African Police Service’s (SAPS) National Intervention UnitRead More
Deurbraak in dubbele-moord
MISDAADTONEEL: Knysna, Suid-Kaap: Die polisie het twee mans gearresteer vir ‘n dubbele moord wat vroeerRead More
