Wednesday, July 22nd, 2026

 

Twee dood, een gewond in skietery

Polisie soek 4 ná tiener-moorde

MISDAADTONEEL: Eersterivier, Kaapstad: Die polisie is op soek na vier verdagtes ná ‘n dodelike skietery Dinsdag, 21 Julie 2026.

Twee tieners, onderskeidelik 17 en 18-jaar-oud, is dood en ‘n 16-jarige gewond tydens die skietery op die eerste dag van die nuwe skoolkwartaal.

‘n Skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, Kaptein FC Van Wyk, het bevestig twee moordsake en een poging tot moord is geopen na die aanval in Feyenoord-straat, Dennemere in Eersterivier.

Volgens Van Wyk het die skietery omstreeks 08:50 plaasgevind toe verskeie skote op ‘n perseel in Feyenoord-straat gevuur is. Volgens verslae het die slagoffers by die adres gestaan ​​toe vier onbekende mans op hulle losbrand.

Die ouer tieners is op die toneel dood en die 16-jarige is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas.

Geen arrestasies is nog gemaak nie.


One teenager survives deadly shooting

4 on the run after teens killed

CRIME SCENE: Eerste River, Cape Town: Four suspects are on the run following a deadly shooting on Tuesday, 21 July 2026.

The shooting left two teenagers, aged 17 and 18-years, dead and a 16-year-old wounded on the first day of the new school term.

A media liaison officer for the Western Cape police, Captain FC Van Wyk, confirmed that two murder cases and one attempted murder have been opened after the attack in Feyenoord Street, Dennemere in Eerste River.

According to Van Wyk the shooting happened at about 08:50 when multiple shots were fired at a premises in Feyenoord Street. According to reports, the victims were standing at the address when four unknown men approached and opened fire on them.

The older teenagers died at the scene and the 16-year-old was rushed to a nearby hospital.

No arrests have been made yet.