Eersterivier tieners sterf in skietery
Twee dood, een gewond in skietery
Polisie soek 4 ná tiener-moorde
MISDAADTONEEL: Eersterivier, Kaapstad: Die polisie is op soek na vier verdagtes ná ‘n dodelike skietery Dinsdag, 21 Julie 2026.

Twee tieners, onderskeidelik 17 en 18-jaar-oud, is dood en ‘n 16-jarige gewond tydens die skietery op die eerste dag van die nuwe skoolkwartaal.
‘n Skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, Kaptein FC Van Wyk, het bevestig twee moordsake en een poging tot moord is geopen na die aanval in Feyenoord-straat, Dennemere in Eersterivier.
Volgens Van Wyk het die skietery omstreeks 08:50 plaasgevind toe verskeie skote op ‘n perseel in Feyenoord-straat gevuur is. Volgens verslae het die slagoffers by die adres gestaan toe vier onbekende mans op hulle losbrand.
Die ouer tieners is op die toneel dood en die 16-jarige is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas.
Geen arrestasies is nog gemaak nie.
