R420 000 se nagemaakte drank gekonfiskeer
Droë tyd wag vir onwettige drinkers
MISDAADTONEEL: Saldanha, Weskus: ‘n Uiters droë naweek wag op diegene wat daarvan hou on ‘n glasie onwettige drank te drink.

Die provinsiale polisie se eenheid teen vervalsde en onwettige goedere, in samewerking met die Wes-Kaapse Drankraad en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) Doeane-eenheid, het Maandag 3 Augustus 2026 onwettige drank ter waarde van R420 000 gekonfiskeer.
Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die spanne ‘n intelligensie-gedrewe operasie aan die Weskus uitgevoer en verskeie onwettige drank-handelsmerke en ‘n onbekende bedrag kontant teruggevind. Alhoewel geen arrestasies gemaak is nie, word die omstandighede rondom die saak ondersoek.
Die Wes-Kaapse SAPD het gesê hy veroordeel die verkoop en verspreiding van onwettige drank ten sterkste.
“Gemeenskapslede word versoek om onwettige drankwinkels aan te meld, aangesien hulle ‘n ernstige bedreiging vir Suid-Afrika se ekonomiese stabiliteit en die veiligheid van verbruikers inhou,” het die SAPD gesê.
Related News
Days of horror for elderly couple
CRIME SCENE: Kopanong, Southern Free State: The South African Service Police (SAPS) have launched aRead More
Police send out sober message
CRIME SCENE: Saldanha, West Coast: There will be some very thirsty throats on the WestRead More
