Polisie vang ook man met dwelms in Observatory

Tiener vas vir vuurwapen

MISDAADTONEEL: Atlantis, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Anti-Bende-Eenheid het  ‘n tienerseun gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.

Die polisie het die 19-jarige saam met ‘n 36-jarige man omstreeks 22:50 op Sondag, 9 Augustus 2026 in Zeelandstraat, Atlantis, gearresteer..

Die tienerverdagte is gevang vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen nadat die lede sy woning deursoek het, en die ouer man vir die besit van ammunisie na die ontdekking van 15 rondtes ammunisie in sy huis.

Observatory: Operasie Shanela-lede het inligting opgevolg wat hulle Maandag 10 Augustus 2026 ontvang het oor ‘n man wat in Wrensch-straat, bly en vermoedelik by bende-verwante aktiwiteite betrokke is.

Volgens die SAPD het Shanela-lede omstreeks 13:30 op die woning toegeslaan. Hulle het die perseel deursoek en een sakkie Tik wat 830,41 gram geweeg het, gevind.

‘n 54-jarige man is gearresteer vir die besit van dwelms.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*