Man brand los op kar, vlug te voet
Knysna-raadslid vermoor
MISDAADTONEEL: Knysna, Suid-Kaap: Die polisie is opsoek na die moordenaar van ‘n Knysna-wyksraadslid, Aubrey Tsengwa, wat in sy motor doodgeskiet is.

Een van drie passasiers wat saam met die 48-jarige Tsengwa, ook ‘n voormalige burgemeester van Knysna, in die motor was, is gewond toe die gewapende man Woensdagaand, 19 Augustus 2026 in Joodsekamp op hulle losgebrand het.
Speurders van die Provinsiale Eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad ondersoek die moord asook drie aanklagte van poging tot moord.
Die polisie het omstreeks 21:20 op die skietery in Ngxalo-straat gereageer en die wyksraadslid met veelvuldige skietwonde aan sy kop en bolyf aangetref. Hy is volgens die polisie op die toneel dood verklaar.
Voorlopige inligting dui daarop dat die raadslid ‘n voertuig met drie passasiers bestuur het toe hulle deur ‘n onbekende man genader is. Die man het op die voertuig losgebrand en te voet van die toneel gevlugt. Een van die passasiers het ‘n skietwond aan die arm opgedoen en is na die hospitaal vervoer vir mediese behandeling.
Geen arrestasies is nog gemaak nie.
Enigiemand met inligting word versoek om die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te kontak of inligting anoniem via die MySAPS-App te verskaf.
Related News
Lockdown betrap 3 verdagtes
MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: ‘n 32-jarige man is gearresteer nadat die polisie na bewering ‘n onwettigeRead More
Three suspects in Lockdown
CRIME SCENE: Delft, Cape Town: A 32-year-old man has been arrested after police allegedly foundRead More
