Thursday, August 20th, 2026
Polisie slaan in Delft en Kuilsrivier toe
Lockdown betrap 3 verdagtes
MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: ‘n 32-jarige man is gearresteer nadat die polisie na bewering ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in sy besit gevind het.

Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Operasie Lockdown 3 het Woensdag 19 Augustus 2026 ‘n operasie uitgevoer nadat hulle inligting ontvang het.
Die verdagte is in Bhangane-straat, Leiden, Delft, gearresteer en sal in die Bellville-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.
Die operasie het toe na Kleinvlei beweeg waar die polisie ‘n verdagte se woning in Dombeya-straat, Meltonrose, deursoek het. Dit het gelei tot die ontdekking van ses Mandrax-tablette en 17 tik-strooitjies wat onder ‘n bed versteek was. Die 40-jarige man is gearresteer vir handel in dwelms.
In Blombosstraat, ook in Meltonrose, is ‘n 65-jarige man gearresteer vir die besit van dwelms nadat 23 tik-strooitjies en 35 Mandrax-tablette in ‘n huis gevind is.
Police strike in Kleinvlei and Delft
Three suspects in Lockdown
CRIME SCENE: Delft, Cape Town: A 32-year-old man has been arrested after police allegedly found an illegal firearm and ammunition in his possession.

Members of the South African Police Service (SAPS) Operation Lockdown 3 were conducting an operation on Wednesday, 19 August 2026 after receiving intelligence.
The suspect was arrested in Bhangane Street, Leiden, Delft and he will appear in the Bellville Magistrate’s Court once he has been charged.
The operation continued to Kleinvlei where the police searched a suspect’s residence at Dombeya Street, Meltonrose. The search led to the discovery of six mandrax tablets and 17 tik straws hidden under his bed. The 40-year-old man was apprehended for dealing in drugs.
The operation then moved to Blombos Street also in Meltonrose, where a 65-year-old man was arrested for possession of drugs after 23 tik straws and 35 mandrax tablets were found in his house.
Man brand los op kar, vlug te voet
Knysna-raadslid vermoor
MISDAADTONEEL: Knysna, Suid-Kaap: Die polisie is opsoek na die moordenaar van ‘n Knysna-wyksraadslid, Aubrey Tsengwa, wat in sy motor doodgeskiet is.

Een van drie passasiers wat saam met die 48-jarige Tsengwa, ook ‘n voormalige burgemeester van Knysna, in die motor was, is gewond toe die gewapende man Woensdagaand, 19 Augustus 2026 in Joodsekamp op hulle losgebrand het.
Speurders van die Provinsiale Eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad ondersoek die moord asook drie aanklagte van poging tot moord.
Die polisie het omstreeks 21:20 op die skietery in Ngxalo-straat gereageer en die wyksraadslid met veelvuldige skietwonde aan sy kop en bolyf aangetref. Hy is volgens die polisie op die toneel dood verklaar.
Voorlopige inligting dui daarop dat die raadslid ‘n voertuig met drie passasiers bestuur het toe hulle deur ‘n onbekende man genader is. Die man het op die voertuig losgebrand en te voet van die toneel gevlugt. Een van die passasiers het ‘n skietwond aan die arm opgedoen en is na die hospitaal vervoer vir mediese behandeling.
Geen arrestasies is nog gemaak nie.
Enigiemand met inligting word versoek om die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te kontak of inligting anoniem via die MySAPS-App te verskaf.
Lone gunman ambushes former Knysna mayor
Hunt on for councillor’s killer
CRIME SCENE: Knysna, Southern Cape: The police have launched a manhunt for the killer of Knysna ward councillor, Aubrey Tsengwa, who was shot in his car.

One of three passengers who was in the car with 48-year-old Tsengwa, who is an ANC councillor and former mayor of Knysna, was wounded when the gunman opened fire on them in Joodsekamp on Wednesday evening, 19 August 2026,
Detectives from the Provincial Serious and Violent Crime Unit are investigating the murder along wiith three counts of attempted murder.
Police responded to the shooting in Ngxalo Street at approximately 21:20 and found the ward councillor with multiple gunshot wounds to his head and upper body. He was declared deceased at the scene, according to the police.
Preliminary information indicates the councillor was driving a vehicle with three passengers when they were approached by an unknown man who opened fire on the vehicle before fleeing the scene on foot. One of the passengers sustained a gunshot wound to the arm and was transported to hospital for medical treatment.
The motive for the shooting is yet to be determined and no arrests have been made at this stage.
Anyone with information that could assist the investigation is urged to contact the South African Police Service Crime Stop number on 08600 10111 or provide information anonymously via the MySAPS-App.
Man na bewering familie van een beskuldigde
Derde arrestasie ná polisie moorde
MISDAADTONEEL: Reiger Park, Gauteng: Die Valke het ‘n derde verdagte gearresteer in verband met die wrede moord op twee polisiebeamptes en twee vroue in Reiger Park op 7 Augustus 2026.

Die 27-jarige verdagte sal na verwagting op 21 Augustus 2026 sy eerste verskyning voor die Boksburg-landdroshof maak na sy arrestasie op 19 Augustus 2026 deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan gebaseer in Germiston.
Die span het die verdagte in Ekurhuleni opgespoor.
Die jongste arrestasie bring die aantal verdagtes wat in verband met die moorde aangekla is, op drie te staan. Die 27-jarige verdagte staan tereg op aanklagte soortgelyk aan dié van sy medebeskuldigdes, van wie een na bewering ‘n familielid is.
Die waarnemende nasionale hoof van die Valke, luitenant-generaal Sphesihle Nkosi, het gesê: “Die Valke bly standvastig in ons pogings om diegene aan te keer wat onskuldige lewens neem, veral die lewens van ons wetstoepassers.”
Suspect reportedly family of co-accused
Third man nabbed for cop killings
CRIME SCENE: Reiger Park, Gauteng: The Directorate for Priority Crime Investigation (known as the Hawks) have arrested a third suspect in connection with the brutal killing of two police officers and two women in Reiger Park on 7 August 2026.

The 27-year-old suspect is expected to appear before the Boksburg Magistrates’ Court tomorrow, 21 August 2026, following his arrest on 19 August 2026, by the Hawks’ Serious Organised Crime Investigation team based in Germiston.
The team traced the suspect to Ekurhuleni, where he was taken into custody.
The latest arrest brings to three the number of suspects who have been charged in connection with the killings. The 27-year-old suspect faces charges similar to those of his co-accused, one of whom is reportedly a relative.
The Acting National Head of the Hawks, Lieutenant General Sphesihle Nkosi, said: “The Hawks will remain steadfast in our efforts to investigate and apprehend those who involve themselves in taking innocent lives, particularly the lives of our law enforcement officers.”
Also read: Arrest in police killings – Crime Scene Report
