Polisie versterk ondersoekspan ná raadslid se moord
Nóg twee sterf in Knysna skietery
MISDAADTONEEL: Knysna, Suid-Kaap: Twee mans is brutaal doodgeskiet ‘n dag nadat ‘n voormalige burgemeester van Knysna ook in ‘n koeëlreën in die gebied gesterf het.

Wes-Kaapse speurders vir ernstige geweldsmisdaad (SVC) het ‘n klopjag van stapel gestuur na die moordenaars in die jongste skietvoorval Donderdagaand 20 Augustus 2026.
Volgens ‘n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, Brigadier Novela Potelwa, was die twee oorledenes, 47 en 48 jaar oud, in ‘n voertuig in Bongani toe hulle omstreeks 21:00 deur gewapende mans aangeval is.
Die provinsiale speurspan vir ernstige geweldsmisdade wat Woensdagaand, 19 Augustus 2026 se moord op die voormalige burgemeester en wyksraadslid, Aubrey Tsengwa (48), ondersoek, is sedertdien versterk.
Potelwa het gesê bykomende SVC-speurders is in die gebied ontplooi om die skietvoorvalle te ondersoek.
“Die motief vir beide voorvalle word ondersoe,” het Potelwa gesê.
Enigiemand met inligting oor die voorvalle word versoek om sersant Nobuntu Thundezwa by 082 522 1251 te kontak.
Related News
Seun (15) koelbloedig vermoor
MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ‘n 15-jarige seun is koelbloedig doodgeskiet terwyl hy in die straatRead More
Cops confident of taking down syndicates
NATIONAL: The South African Police Service (SAPS) says it remains resolute in taking down highlyRead More
