Drie mans skiet kind terwyl hy huistoe stap
Seun (15) koelbloedig vermoor
MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ‘n 15-jarige seun is koelbloedig doodgeskiet terwyl hy in die straat op pad huis toe geloop het.

Volgens konstabel Ndakhe Gwala, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, het die Mitchells Plain-polisie ‘n saak van poging tot moord aanhangig gemaak ná die skietery wat Donderdag, 20 Augustus 2026 omstreeks 20:45 in Atletiek-straat, Beacon Valley, plaasgevind het.
“Volgens berigte is die seun deur drie onbekende verdagtes geskiet terwyl hy op pad huis toe was. Hy het skietwonde aan die agterkant van sy kop, regter arm en boude opgedoen. Die motief vir die aanval word ondersoek, en geen arrestasies is in hierdie stadium gemaak nie,” het Gwala gesê.
Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te kontak of inligting anoniem via die MySAPS-toepassing te verskaf
Related News
Nóg twee sterf in Knysna skietery
MISDAADTONEEL: Knysna, Suid-Kaap: Twee mans is brutaal doodgeskiet ‘n dag nadat ‘n voormalige burgemeester vanRead More
Cops confident of taking down syndicates
NATIONAL: The South African Police Service (SAPS) says it remains resolute in taking down highlyRead More
