Buitelander kom nie verby polisie-vangnet
R11-m se dwelms op N2 gevind
MISDAADTONEEL: Riviersonderend, Overberg: ‘n Buitelander se beweerde dwelm-smokkelary het skielik dié klein dorpie tot ‘n einde gekom.

Die man is vasgekeer tydens ‘n stop-en-deursoek-operasie Dinsdag 25 Augustus 202 op die N2 in Riviersonderend, waar dwelms ter waarde van nagenoeg R11 miljoen ontdek is.
Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die polisie ‘n swart Nissan Tida omstreeks 22:35 tydens die operasie voorgekeer.
“Met die deursoeking van die voertuig het die polisie 87 pakkies Mandrax-tablette, 16 pakkies ongesnyde crystal meth (Tik) en twee blokke kokaïen in die kattebak gevind.
“‘n 37-jarige buitelandse man is gearresteer vir die besit van dwelms,” het die SAPD gesê.
Related News
Mom raped, baby killed after ‘ritual’
UPDATE! A self-proclaimed pastor and his two wives have appeared in the Atteridgeville Magistrates CourtRead More
Multi-million drug lab bust
UPDATE! Five accused appeared in the Krugersdorp Magistrates’ Court on 12 October 2026, on chargesRead More
