'Hy versuim om voor dissiplinêre beampte te verskyn'

SAPD dank generaal Kahn af

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Generaal-majoor Feroz Khan afgedank.

“Generaal-majoor Khan is ontslaan ingevolge Regulasie 9(7)(b) van die SAPD se Dissiplinêre Regulasies, nadat hy versuim het om voor die aangewese senior beampte te verskyn wat verantwoordelik is vir die hantering van die vinnige dissiplinêre proses.

“Die SAPD herhaal sy verbintenis tot aanspreeklikheid, dissipline en professionele gedrag binne die organisasie. Geen lid, ongeag van sy of haar rang of posisie, is bo die wet of die toepaslike dissiplinêre raamwerk nie.

“Aangesien die saak deel is van ‘n regsproses, sal die SAPD voortgaan om die beslissings van die howe te respekteer en verdere inligting verskaf slegs waar dit volgens die wet toelaatbaar is,” het die SAPD in ‘n verklaring gesê.

Khan was die adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Misdaad-iintelligensie voor sy ontslag.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*