Polisie kry liggaam van agste vrou in Gauteng
Arrestasie in Ekurhuleni moord
Jongste! Nog ‘n vrou se liggaam is in Dawn Park gevind. Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sal die voorval by die ondersoeke na die dood van vroue in Ekurhuleni gevoeg word.
Die ongeïdentifiseerde liggaam is Donderdagoggend, 17 September 2026, gevind. Dit bring die totale aantal liggame wat in twee maande gevind is, op nege te staan. Die polisie doen ‘n beroep op gemeenskapslede om die Stop Misdaad-hulplyn by 08600 10111 te kontak met enige inligting wat met die ondersoeke kan help, of om anonieme wenke via die MySAPS-App te verskaf.
MISDAADTONEEL: Ekurhuleni, Gauteng: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n verdagte gearresteer in verband met een van die moorde in Kempton Park.

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, het Dinsdagaand, 15 September 2026, bevestig dat die verdagte gearresteer is in verband met die moord op een van die vroue wat in Julie gepleeg is.
Die SAPD is ook op soek na nog ‘n persoon van belang, en ‘n beloning van R400 000 is uitgeloof vir inligting wat tot ‘n deurbraak in die ondersoek na die dood van agt vroue in Ekurhuleni lei.
Die SAPD het bevestig dat die liggaam van ‘n agtste vrou Dinsdag, 15 September 2026, in Ekurhuleni gevind is.
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia; die minister van vroue, jeug en persone met gestremdhede, Sindisiwe Chikunga; die adjunkminister van polisie, Polly Boshielo; die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi; en die waarnemende nasionale kommissaris van die SAPD, luitenant-generaal Puleng Dimpane, het Dinsdagaand, 15 September 2026, ‘n hoëvlakafvaardiging gelei om ‘n omvattende verslag te ontvang oor die jongste ontwikkelings rakende die ontdekking van die agt liggame.
Volgens die SAPD het die vergadering gefokus op die vordering van die ondersoeke, die ontplooiing van multidissiplinêre kundigheid en maatreëls wat geïmplementeer word om te verseker dat die verantwoordelikes geïdentifiseer en geregtogheid geskiet.
Die afvaardiging het met senior SAPD-bestuur en ondersoekbeamptes by die SAPD se provinsiale hoofkantoor in Parktown, Gauteng vergader.
Related News
Police arrest suspect in Ekurhuleni killing
Update! Another body of a woman has been discovered in Dawn Park. The incident willRead More
Detective secures long jail terms
FROM THE COURTS: In just two days, a detective from Fraserburg police in the NorthernRead More
