Drie verdagtes skiet vriende in Lentegeur pad
Man doodgeskiet, vriend gewond
MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ‘n Man is doodgeskiet en sy vriend gewond tydens ‘n skietery in Lentegeur.

‘n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, konstabel Ndakhe Gwala, sê die voorval het Maandagaand, 19 Oktober 2026 omstreeks 22:10 in Kreupelhout-straat plaasgevind.
“Volgens verslae is die oorledene en sy vriend genader deur drie gewapende verdagtes wat op hulle losgebrand het. Een man is dood op die toneel en die tweede slagoffer het skietwonde aan sy regterbeen opgedoen.
“Die motief vir die aanval is die onderwerp van ‘n polisie-ondersoek en geen arrestasies is op hierdie stadium gemaak nie,” het Gwala gesê.
Die Lentegeur-polisie ondersoek ‘n saak van moord en poging tot moord.
Related News
AO te wakker vir vaak ryloper
MISDAADTONEEL: Upington, Noord-Kaap: ‘n Op en wakker polisiebeambte en ‘n vaak ryloper het direk totRead More
A dream trip…straight to jail
CRIME SCENE: Uppington, Northern Cape: A police officer’s sharp senses and a tiring hitch hikerRead More
