Verdagtes in BMW teiken jongmense voor winkel

Kinders gewond in skietery

MISDAADTONEEL: Heideveld, Kaapstad: Drie jongmense is gewond tydens ‘n skietery vanuit ‘n voertuig buite ‘n winkel.

Volgens ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, konstabel Ndakhe Gwala, is die slagoffers – ‘n 10-jarige seun, ‘n 12-jarige meisie en ‘n 19-jarige tienerseun – Woensdag 21 Oktober 2026 omstreeks 16:00 buite ‘n winkel op die hoek van Jonkershoek- en Bloukransweg in Heideveld geskiet.

“Die Manenberg-polisie het drie aanklagte van poging tot moord geregistreer na aanleiding van die skietvoorval. Volgens berigte het ‘n grys BMW in die straat gery, waarna twee mans op die slagoffers begin skiet het.

“Die motief vir die skietery moet nog vasgestel word en niemand is tot dusver gearresteer nie,” het Gwala gesê.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*