14-jarige slagoffer op pad huis toe aangeval
Broers sit 25-jaar vir verkragting
UIT DIE HOF: Twee broers van Concordia in die Noord-Kaap is tot 25-jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 14-jarige meisie.

Die Springbok-streekhof het gehoor dat die meisie op die aand van 5 April 2024 na haar huis in Concordia gestap het.
Die beskuldigdes, onderskeidelik 37 en 40-jaar-oud, het haar genader, oorweldig en seksueel aangerand. Die slagoffer het die voorval aangemeld en is medies ondersoek, wat seksuele aanranding bevestig het.
Die beskuldigdes is op 6 April 2024 gearresteer en het vir die duur van die verhoor in aanhouding gebly.
Die broers is op 5 November 2026 skuldig bevind en die volgende dag deur die Springbok-streekhof elkeen tot 25-jaar tronkstraf gevonnis.
Die distrikskommissaris van Namakwa, brigadier Schalk Andrews, het die vonnis verwelkom en konstabel Lizaan Wanza, wat die saak ondersoek het, geprys.
“Die suksesvolle skuldigbevinding en vonnisoplegging van hierdie oortreders toon die waarde van professionele polisiewerk en deeglike ondersoeke. Konstabel Wanza het deur die hele ondersoek uitsonderlike toewyding, vasberadenheid en deernis getoon,” het Andrews gesê.
Related News
Brothers get 25 years for rape
FROM THE COURTS: Two brothers from Concordia in the Northern Cape have been sentenced toRead More
Boy (16) caught with firearm
CRIME SCENE: Westbury, Gauteng: The South African Police Service (SAPS) Anti-Gang Unit, working in collaborationRead More
