Polisielede kry kollega en eggenote se lyke in kombuis

Sersant en vrou dood gevind

MISDAADTONEEL: Oudtshoorn, Suid-Kaap: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n moordsaak en ’n geregtelike doodsondersoek geopen ná die ontdekking van die liggame van ’n 46-jarige sersant, verbonde aan die Oudtshoorn-polisie, en sy 40-jarige vrou.

Volgens die SAPD is die liggame van sersant Dawid Julies en sy vrou, Elorene, Saterdag 14 November 2026 omstreeks 01:30 in die kombuis van hul woning gevind.

“Die Oudtshoorn-polisie is na die huis in Petunia-laan, Toekomsrus in Oudtshoorn ontbied nadat hulle klagtes van ’n skietvoorval ontvang het. Met hul aankoms het die lede die egpaar se liggame, albei met skietwonde aan die kop, in die kombuis aangetref.

“Hulle is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar. ’n Vuurwapen wat op die toneel gevind is, is gekonfiskeer,” het die SAPD gesê.

Die polisiebestuur het hul medelye met die familie van die oorledenes betuig en gesê dat die SAPD se afdeling vir Werknemersgesondheid en -welstand professionele ondersteuning aan die familie sowel as kollegas sal bied.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*