Twee dood, een beseer toe skote klap
Verdagtes vlug ná skietery
JONGSTE! Volgens die polisie was daar geen arrestasies nie. Lede van die Bishop Lavis-polisie, wat die gebied patrolleer het, het van die skietery gehoor en die voertuig opgemerk, sê die polisie in ‘n verklaring. Hulle het die voertuig agternagesit, maar die verdagtes het daarin geslaag om te voet te ontsnap. Die kar is verlate gevind en ‘n 9mm-pistool is in daarin gevind.
MISDAADTONEEL: Bonteheuwel, Kaapstad: Verskeie verdagtes het hulle uit die voete gemaak kort nadat tee persone dood geskiet en een gewond is in ‘n skietvoorval Woensdagaand, 6 Mei 2026 in Bonteheuwel.

Die voorval het op die hoek van Jakkalsvlei-laan en Kiaatweg plaasgevind.
“Hierdie sinnelose daad kom nadat ons gewaarsku het oor moontlike vergeldingsvoorvalle na gisteraand se moord,” het die wyksraadslid vir Bonteheuwel, Angus McKenzie, Woensdag 6 Mei 2026 in ‘n Facebook-plasing gesê.
Op Dinsdag 5 Mei 2026 is ‘n jongman ook in Bonteheuwel doodgeskiet.
“Laat ons dit duidelik stel, die persoon wat ons vandag verloor het, was nie ‘n bendelid nie, maar ‘n onskuldige mens wat nie verdien het om ‘n slagoffer van hierdie aanhoudende siklus van geweld te word nie.”
Kort na die skietery ,het McKenzie gesê, het hulle geloofwaardige inligting van inwoners en ooggetuies via sy tip-off lyn ontvang.
“Daardie inligting is onmiddellik aan ons veiligheids- en sekuriteitspanne op die grond oorgedra. Hulle het binne minute opgetree. Die verdagtes se voertuig is geïdentifiseer, voorgekeer en deursoek.”
McKenzie het in sy Facebook-plasing gesê ‘n vuurwapen met ammunisie is gevind en verskeie verdagtes, wat aan die verskafde beskrywings voldoen, is aangekeer. Die verdagtes is gearresteer en is na die Bishop Lavis-polisiestasie geneem.
“Vanaand treur ons die verlies van ‘n onskuldige lewe. Gisteraand het ons ook ‘n lewe weens bendegeweld verloor. Maar te midde van hierdie pyn het die krag van die gemeenskap derugekom.”
McKenzie het bevestig die voertuig wat in Woensdagaand se skietery gebruik is, is ‘n paar dae gelede in Bridgetown, Athlone, gekaap.
Die verdagtes het die gekaapte motor se nommerplate verander.
Related News
Man vas oor onwettige medisyne
MISDAADTONEEL: Vrygrond, Kaapstad: ‘n 22-jarige man is gearresteer vir die besit van voorgeskrewe medikasie enRead More
Man busted for outdated medicine
CRIME SCENE: Vrygrond, Cape Town: A 22-year-old man has been arrested for possession of prescribedRead More
