2 sterf, 1 gewond tydens bloedige aand

Skote klap behoorlik op Kaapse Vlakte

MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: Daar was verskeie skietvoorvalle op die Kaapse Vlakte Donderdagaand, 14 Mei 2026 en in die vroeë oggendure van 15 Mei 2026.

Volgens ‘n media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse SAPD, kaptein FC Van Wyk, het lede van die Philippi polisie reageer op ‘n skietvoorval agter Oribi-hof, Hanover Park.

‘n Man is gewond in Bonteheuwel. Foto: Via Facebook

Toe hulle daar opdaag het hulle ‘n 35-jarige man in die straat voor ‘n hek aangetref. Die slagoffer is in sy maag geskiet en is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. Die Philippi-polisie ondersoek ‘n moordsaak.

“Die motief is vermoedelik bendeverwant,” het Van Wyk gesê.

BONTEHEUWEL: Later die aand, omstreeks 19:00, is ‘n 27-jarige man deur twee onbekende mans in sy kop en liggaam geskiet.

“Die Bishop Lavis-polisie het ‘n saak van poging tot moord geopen ná ‘n skietvoorval in Camelia-straat, Bonteheuwel. Die slagoffer is per ambulans na die naaste mediese fasiliteit gehaas vir behandeling.

“Geen arrestasie is nog gemaak nie en die voorval word ondersoek,” het Van Wyk gesê.

Enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help, word vriendelik versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111, of hulle kan die MySAPS-App gebruik.

ST. MONTAGUE VILLAGE, LAVENDER HILL: Die polisie van Steenberg het kort na middernag, Vrydag 15 Mei 2026 gereageer op ‘n klagte van ‘n skietvoorval in St Bonaventure-straat, St Montague Village.

‘n Media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse SAPD, Thembakazi Mpendukana, sê met die polisie se aankoms op die tonbeel het hulle die liggaam van ‘n 21-jarige man aangetref met skietwonde aan sy bolyf . Hy is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.

‘n Moordsaak word ondersoek en geen arrestasie is nog uitgevoer nie, het Mpendukana gesê.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*