Kaapse VLakte
Skieter kom in swart kar
Man sterf in straat ná kopskoot
MISDAADTONEEL: Cafda Village, Kaapstad: ‘n Man is Woensdagmiddag, 20 Mei 2026 deur die kop geskiet terwyl hy in die straat geloop.

Die voorval het omstreeks 14:40 op die hoek van 12de Laan en Schumann-straat, Cafda Village gebeur.
Volgens ‘n media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, sersant Wesley Twigg, is Steenberg-polisie na die misdaadtoneel ontbied waar hulle die 28-jarige slagoffer met ‘n skietwond aan sy kop gevind het.
“Die slagoffer is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar. Volgens berigte het hy in die pad geloop toe ‘n insittende vanuit ‘n swart voertuig op hom geskiet en in die kop getref het.
“Die motief vir die aanval is vermoedelik bendeverwant. Die verdagtes het van die toneel gevlug en is nog nie gearresteer nie.”
Mense met inligting kan Crime Stop kontak by 08600 10111 of die mobiele MySAPS-App anoniem gebruik.
Operasies in Mfuleni, Bellville-Suid bring suksess
Twee vas oor dwelms, vuurwapen
MISDAADTONEEL: Bellville-Suid, Kaapstad: Tik, Mandrax en ‘n onwettige vuurwapen het gelei tot die arrestasie van twee mans in afsonderlike voorvalle.

Maandag 18 Mei 2026 omstreeks 00:30 het lede van Operasie Lockdown 3 ‘n perseel in Frank Louwlaan, Bellville-Suid deursoek nadat hulle inligting oor dwelms en vuurwapens ontvang het.
Die polisie het die plek deursoek en het net olnder 140g Tik, 35 Mandrax-tablette, ‘n halwe Mandrax-tablet en ‘n ongelisensieerde vuurwapen by die huis gevind.
‘n 43-jarige man is in gearresteer.
MFULENI: Lede verbonde aan Operasie Shanela 2 het Sondag, 17 Mei 2026 omstreeks 11:30 in Mfuleni gepatrolleer toe hulle ‘n verdagte man in Qogombastraat oplet.
Volgens die polisie het hulle besluit om hom te stop en te deursoek. Die polisie het 260g Tik na bewering op die 35-jarige gevind en hom in gearresteer.
Twee sterf in Parkwood
Skote begin vroeg klap op Kaapse Vlakte
MISDAADTONEEL: Parkwood, Kaapstad: Die nuwe week het skaars begin op die Kaapse Vlakte toe twee mans vroeg Maandagoggend, 18 Mei 2026, in Parkwood doodgeskiet is.
Volgens sersant Wesley Twigg van die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor het die Grassy Park-polisie gereageer op ‘n klagte van ‘n skietery wat omstreeks 05:15 in Willow Walk, Parkwood plaasgevind het.

Twigg sê toe die polisie by die toneel aankom, het hulle twee mans van 26 en 35-jaar-oud aangetref met skietwonde aan hul liggame.
Die slagoffers is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.
“Verslae dui daarop dat die slagoffers deur ‘n onbekende verdagte genader en geskiet is voordat die persoon van die toneel gevlug het. Die motief vir die aanval is vermoedelik bendeverwant. Grassy Park-speurders ondersoek twee aanklagte van moord,” het Twigg gesê.
Mense met enige inligting oor die voorval kan Crime Stop by 08600 10111 kontak of die MySAPS-App anoniem gebruik.
2 sterf, 1 gewond tydens bloedige aand
Skote klap behoorlik op Kaapse Vlakte
MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: Daar was verskeie skietvoorvalle op die Kaapse Vlakte Donderdagaand, 14 Mei 2026 en in die vroeë oggendure van 15 Mei 2026.
Volgens ‘n media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse SAPD, kaptein FC Van Wyk, het lede van die Philippi polisie reageer op ‘n skietvoorval agter Oribi-hof, Hanover Park.

Toe hulle daar opdaag het hulle ‘n 35-jarige man in die straat voor ‘n hek aangetref. Die slagoffer is in sy maag geskiet en is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. Die Philippi-polisie ondersoek ‘n moordsaak.
“Die motief is vermoedelik bendeverwant,” het Van Wyk gesê.
BONTEHEUWEL: Later die aand, omstreeks 19:00, is ‘n 27-jarige man deur twee onbekende mans in sy kop en liggaam geskiet.
“Die Bishop Lavis-polisie het ‘n saak van poging tot moord geopen ná ‘n skietvoorval in Camelia-straat, Bonteheuwel. Die slagoffer is per ambulans na die naaste mediese fasiliteit gehaas vir behandeling.
“Geen arrestasie is nog gemaak nie en die voorval word ondersoek,” het Van Wyk gesê.
Enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help, word vriendelik versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111, of hulle kan die MySAPS-App gebruik.
ST. MONTAGUE VILLAGE, LAVENDER HILL: Die polisie van Steenberg het kort na middernag, Vrydag 15 Mei 2026 gereageer op ‘n klagte van ‘n skietvoorval in St Bonaventure-straat, St Montague Village.
‘n Media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse SAPD, Thembakazi Mpendukana, sê met die polisie se aankoms op die tonbeel het hulle die liggaam van ‘n 21-jarige man aangetref met skietwonde aan sy bolyf . Hy is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.
‘n Moordsaak word ondersoek en geen arrestasie is nog uitgevoer nie, het Mpendukana gesê.
Paar suksesse, maar bloed vloei steeds
Operasie prosper keer nie koeëls
MISDAADTONEEL: Kaapse Vlakte: Die weermag is op die grond, maar die koeëls hou aan vlieg en die bloed vloei steeds.

Sedert die weermag net meer as ‘n maand gelede getref die Kaapse Vlakte betree het, het Operasie Prosper ‘n mate van sukses behaal, maar dit het veel beteken die talle onskuldiges wat aanhou sterf het in bendegeteisterde gebiede nie.
Operasie Prosper, die gesamentlike ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Stad Kaapstad se metropolisie, verkeerspolisie en wetstoepassers om bendegeweld, afpersing en misdaad in die Wes-Kaap te bestry, het op 1 April 2026 in Mitchells Plain begin.
Van 1 tot 28 April 2026 is altesaam 23 vuurwapens, een handgranaat en 146 rondtes ammunisie gekonfiskeer. Die magte het ook dwelms ter waarde van meer as R4 miljoen en drank ter waarde van R262 426 gekonfiskeer, terwyl hulle 191 dwelmverwante arrestasies en 31 onwettige drankhandel gemaak het.
Maar die operasie het ‘n bietjie verder gegaan as net die bekamping van bendegeweld, aangesien 29 onwettige immigrante gearresteer is en perlemoen en kreef ter waarde van meer as R45 000 gekonfiskeer is.
Die ontplooiing word vir ‘n jaar beplan en sluit in patrollies, padblokkades, stop-en-deursoek-operasies, voertuigbeheerpunte, inspeksies van drank persele en kontroles vir ongedokumenteerde immigrante.
●Die inligting en foto’s in hierdie verslag is verskaf deur Kaptein Walter Kassaka, die operasionele kommunikasiebeampte by die Gesamentlike Taktiese Hoofkwartier, Wes-Kaap.
'Operasies teiken nie die regte mense nie'
Geen einde aan moorde op Kaapse Vlakte
Daar is steeds geen einde in sig aan die moorde op die Kaapse Vlakte nie.

Dis ten spyte van die Suid-Afrikaanse Naionale Weermag wat in die gebied ontplooi is om bende-geweld te help beveg.
Volgens Ian Cameron, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee van polisie, het bende-geweld en geweld gekoppel aan afpersing op die Kaapse Vlakte tussen 13 en 19 April 2026 op krisisvlakke gebly.
Gedurende dié tydperk was daar 49 moorde en 32 pogings tot moord gepleeg. Die vorige week is 48 moorde en 35 pogings tot moord aangeteken.
“Dit is almal lewens wat beëindig is deur opsetlike gewelddadige aksies. Gesinne word verpletter en gemeenskappe word gedwing om week na week dieselfde trauma te beleef,” het Cameron in ‘n Facebook-plasing gesê.
“Nege-en-veertig moorde beteken 49 huise waarna iemand nie terug sal kom nie. Dit beteken 49 gesinne wat daardie oproep ontvang, wag by ‘n hospitaal, ‘n lykshuis of ‘n polisiestasie.
“Dit beteken kinders wat na leë stoele staar, ouers wat moeilike vrae moet beantwoord, en gemeenskappe wat die menslike koste moet dra as gevolg van ‘n oneffektiewe reaksie deur die staat.
“Toe ek Ottery verlede week besoek het, het dit gevoel soos ‘n oorlog sone. Dis die realiteit wat die inowners in die gesig staar, die geklap van skote wat deel geword het van hulle daaglikse lewe, terwyl hulle die volste reg tot veiligheid het,” het Cameron gesê.
Die Demokratiese Alliansie LP het ook Operasie Prosper (die ontplooiing van die weermag om die polisie te help om bende geweld op die Kaapse Vlakte) gekritiseer te beveg.
“Die kritiek is nie op soldate op die grond gemik nie. Dit is kritiek op die regering se so-so ingryping. Die SAPD-intelligensie bly ‘n ernstige probleem.
“Die operasies is steeds te reaktief en teiken geensins die bende strukture wat vuurwapens rondskuif, moorde organiseer, gebiede beheer en wins maak uit afpersing en dwelms nie.
“As dit werklik intelligensiegedrewe operaies was wat tot vervolgings gelei het, sou gemeenskappe betekenisvolle ontwrigting van bende- en afpersingsnetwerke sien. Dit is nie wat hierdie syfers weerspieël nie.”
Hy het ‘n beroep daarop gedoen dat polisiëringsmagte, veral vir bendegeweld, uitgebrei word om plaaslike em povinsiale polisie magte in te sluit.
“’n Stad wat hierdie vlak van georganiseerde geweld in die gesig staar, kan nie vasgevang bly in ‘n gesentraliseerde polisiëringsmodel wat dieselfde mense aanhou teleurstel nie.”
