Twee stap by werkswinkel in, begin skiet
Besigheidsman koelbloedig vermoor
MISDAADTONEEL: Strand, Kaapstad: Die eienaar van ‘n paneelklop-besgheid in die Strand is Woensdagaand, 20 Mei 2026 koelbloedig doodgeskiet.

Volgens berigte was die 40-jarige Ben Zandamela, eienaar van Ben Panel Beaters, en sy werknemers omstreeks 18:00 binne die werkswinkel besig om te werk.
Thembakazi Mpendukana van die Wes-Kaapse polisie se media kantoor sê twee onbekende mans het die perseel binnegegaan en op die slagoffer geskiet.
“Strand SAPD-lede het gereageer op ‘n klag rakende ‘n skietvoorval by die paneelklop-werkswinkel in Smith-straat, Strand. Hy is op die toneel dood verklaar, en geen ander beserings is aangemeld nie,” het Mpendukana gesê.
Volgens berigte is beide verdagtes as African-mans beskryf. Na die skietery het hulle in ‘n wit voertuig gevlug wat buite gewag het.
Zandamela is oorspronklik van Mosambiek.
‘n Moordsaak is vir verdere ondersoek geopen, en geen arrestasie is nog gemaak nie, het Mpendukana gesê.
Related News
City cops recover illegal arms
THE City of Cape Town’s law enforcement agencies recovered at least three illegal firearms andRead More
Sakke dwelms by lughawe gevind
MISDAADTONEEL: Kaapstad Internasionale Lughawe: ‘n Man is hier gearresteer nadat hy na bewering probeer hetRead More
