Valhala Park-skieters steeds soek
Twee in slaapkamer vermoor
MISDAADTONEEL: Valhalla Park, Kaapstad: Twee jong mans is in ‘n slaapkamer doodgeskiet.

Volgens ‘n polisie media skakelbeampte vir die Wes-Kaap, konstabel Ndakhe Gwala, het die Bishop Lavis-polisie twee aanklagte van moord geregistreer na ‘n skietvoorval in Hilderstraat, Valhala Park op Woensdag 3 Junie 2026.
“Die polisie het omstreeks 20:40 ‘n klag van ‘n skietery ontvang en met hul aankoms het hulle die liggame van twee mans van 22 en 24-jaar-oud in ‘n slaapkamer aangetref.
“Hulle het veelvuldige skietwonde opgedoen en is op die dood verklaar. Die motief vir die aanval word ondersoek en geen arrestasies is nog gemaak nie,” het Gwala gesê.
Related News
Man in kar afgemaai
MISDAADTONEEL: Die polisie is op soek na ten minste twee verdagtes nadat ’n 30-jarige manRead More
Police raid drug lab
CRIME SCENE: Ramokokastad, North West Province: Four people, including two 71-year-old women, have been arrestedRead More
