Sowat 70-meter se koper kabel teruggevind
Kabeldief in sy spore gestuit
MISDAADTONEEL: Rondebosch, Kaapstad: ‘n Verdagte is in hegtenis geneem, na bewering met ongeveer 70-meter koperkabel.

Beamptes van die sekuriteitsmaatskappy, Compass Tactical, het op 7 Junie 2026 patrollies uitgevoer toe hulle ‘n verdagte man met rugsak opmerk, het die maatskappy op Facebook gesê.
Die beamptes het die man deursoek en vermoedelik gesteelde koperkabel in sy rugsak gevind, asook gereedskap wat algemeen met kabeldiefstal geassosieer word.
Ongeveer 5–7kg kabel is op die toneel teruggevind, insluitend lengtes van ongeveer 50- en 20-meter.
Die Rondebosch-polisie is na die toneel ontbied waar hulle die verdagte in aamhouding geneem het. – Bron Compass Tactical
Related News
Klopjag lewer 27 000 Mandrax-pille
MISDAADTONEEL: Parow, Kaapstad: Polisie het ‘n dubbele slag teen dwelm smokkel in Kaapstad se noordelikeRead More
Zimbabwean nabbed in drug bust
CRIME SCENE: Parow, Cape Town: Police have made a double swoop against suspected drug dealersRead More
