Sowat 70-meter se koper kabel teruggevind
Kabeldief in sy spore gestuit
MISDAADTONEEL: Rondebosch, Kaapstad: ‘n Verdagte is in hegtenis geneem, na bewering met ongeveer 70-meter koperkabel.

Beamptes van die sekuriteitsmaatskappy, Compass Tactical, het op 7 Junie 2026 patrollies uitgevoer toe hulle ‘n verdagte man met rugsak opmerk, het die maatskappy op Facebook gesê.
Die beamptes het die man deursoek en vermoedelik gesteelde koperkabel in sy rugsak gevind, asook gereedskap wat algemeen met kabeldiefstal geassosieer word.
Ongeveer 5–7kg kabel is op die toneel teruggevind, insluitend lengtes van ongeveer 50- en 20-meter.
Die Rondebosch-polisie is na die toneel ontbied waar hulle die verdagte in aamhouding geneem het. – Bron Compass Tactical
Related News
Man in kar afgemaai
MISDAADTONEEL: Die polisie is op soek na ten minste twee verdagtes nadat ’n 30-jarige manRead More
Police raid drug lab
CRIME SCENE: Ramokokastad, North West Province: Four people, including two 71-year-old women, have been arrestedRead More
