CCTV kameras tydens betoging beskadig
Dié man kan Stad dalk help
Die Stad Kaapstad soek die hulp van die publiek om die man in die foto te identifiseer

Volgens die Stad kan die man moontlik inligting verskaf rakende skade aan CCTV-infrastruktuur wat tydens ‘n betoging in Ocean View plaasgevind het.
Kommetjie-weg, tussen Masiphumelele en Ocean View, was Donderdagaand, 11 Junie 2026 gesluit nadat betogers bande begin brand en die pad met kratte en klippe versper het.
Daar is berig dat die betoging begin is nadat onwettige informele strukture langs Ocean View afgebreek is.
‘n Video is Vrydag, 12 Junie 2026 op sosiale media versprei wat wys hoe iemand teen ‘n paal opklim en die CCTV-kameras stukkend slaan. Die insetsel op die foto is ‘n kom uit die video.
Enigiemand met inligting word versoek om 021-480 7700 te skakel.
Related News
Twee vermeende kar diewe vasgetrek
MISDAADTONEEL: Bellville, Kaapstad: Twee vermeende voertuig jammers is deur die Maitland-blitspatrollie gevang. Volgens die Suid-AfrikaanseRead More
Flying squad makes quick arrests
CRIME SCENE: Bellville, Cape Town: Two suspected vehicle jammers have been arrested by the MaitlandRead More
