Moord in Table View restaurant
Polisie soek dié mans
MISDAADTONEEL: Table View, Kaapstad: Speurders verbonde aan die Eenheid vir Ernstige en Geweldsmisdade in die Wes-Kaap soek die hulp van die publiek om die persone in die foto’s te identifiseer en op te spoor.

Op 25 Mei 2026, omstreeks 14:00, het die 33-jarige Vhahangwele Makolana by ‘n restaurant in Marine Circle, Table View, gesit toe drie mans hom nader en by sy tafel skiet. Die verdagtes het sy twee skootrekenaars en selfoon geneem en van die toneel gevlug. Hy is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.
‘n Beroep word hiermee gedoen op enigiemand wat inligting het oor die identiteit en verblyfplek van hierdie individue om asseblief die ondersoekbeampte, speur-adjudant-offisier Bradley Davids, te kontak by 082 778 7345 of Stop Misdaad by 0860010111.
Related News
Stad se polisie vang meer as 500
Die Stad Kaapstad se wetstoepassers het 527 verdagtes in die laaste week gearresteer – ‘nRead More
City cops come under attack
The City of Cape Town’s (COCT) law enforcement agencies arrested 527 suspects in a singleRead More
