Monday, June 22nd, 2026

 

Gemeenskap val beamptes aan

Stad se polisie vang meer as 500

Die Stad Kaapstad se wetstoepassers het 527 verdagtes in die laaste week gearresteer – ‘n rekord vir die Direktoraat vir Veiligheid en Sekuriteit.

Foto slegs vir illustrasie.

Die Stad sê egter twee van sy personeellede is aangeval gedurende die uitvoer van hul pligte. Op Saterdag 20 Junie 2026 het Metro-polisiebeamptes in Manenberg onder skoot gekom toe hulle reageer het op ‘n skietery. Hulle het terug geskiet en twee van die verdagtes gewond. Hulle is later by plaaslike fasiliteite gearresteer terwyl hulle mediese hulp gesoek het.

In Macassar, op Sondag 21 Junie 2026, is beamptes deur gemeenskapslede aangeval terwyl hulle ‘n verdagte gearresteer het wat in besit van dwelms en ‘n gevaarlike wapen gevind is.

Twee beamptes is vir geringe beserings behandel en die verdagte is na die Macassar SAPD vervoer.

In die afgelope week het wetstoepassingsbeamptes 321 arrestasies gemaak en twee vuurwapens, ‘n nagemaakte vuurwapen wat in ‘n rooftog gebruik is, sowel as 400 Mandrax-tablette en 96 pakkies Tik teruggevind.

Metropolisiebeamptes het 150 mense gearresteer en een nagemaakte-vuurwapen, twee 9 mm-pistole en 27 rondtes ammunisie teruggevind.

Verkeersbeamptes het 56 verdagtes gearresteer, 133 openbare vervoervoertuie in beslag geneem en 884 lasbriewe vir arrestasie uitgevoer.

Inwoners word daaraan herinner om kriminele aktiwiteite aan te meld deur die Stad se openbare noodkommunikasie-sentrum te skakel by 021 480 7700.


Record 527 arrests in a week

City cops come under attack

The City of Cape Town’s (COCT) law enforcement agencies arrested 527 suspects in a single week – a first for the Safety and Security Directorate.

Pic is used for illustration purposes only.

The City also reported its staffers came under attack while they were performing their duties. On Saturday, 20 June 2026, Metro Police officers came under fire in Manenberg, while responding to reports of gunfire. They returned fire, wounding two of the suspects who were later apprehended at local facilities, where they were seeking medical attention.

In Macassar, on Sunday, 21 June 2026, officers came under attack from community members while arresting a suspect found in possession of drugs and a dangerous weapon. Two officers were treated for minor injuries and the suspect was transported to Macassar SAPS.

In the past week, Law Enforcement officers made 321 arrests and recovered two firearms, an imitation firearm used in a robbery, as well as 400 mandrax tablets and 96 packets of tik.

Metro Police officers arrested 150 people and recovered one imitation firearm, two 9mm firearms and 27 live rounds of ammunition.

Traffic officers arrested 56 suspects, impounded 133 public transport vehicles and executed 884 warrants of arrest.

Residents are reminded to report criminal activity by phoning the City’s Public Emergency Communication Centre on 021 480 7700.


Moord in Table View restaurant

Polisie soek dié mans

MISDAADTONEEL: Table View, Kaapstad: Speurders verbonde aan die Eenheid vir Ernstige en Geweldsmisdade in die Wes-Kaap soek die hulp van die publiek om die persone in die foto’s te identifiseer en op te spoor.

Op 25 Mei 2026, omstreeks 14:00, het die 33-jarige Vhahangwele Makolana by ‘n restaurant in Marine Circle, Table View, gesit toe drie mans hom nader en by sy tafel skiet. Die verdagtes het sy twee skootrekenaars en selfoon geneem en van die toneel gevlug. Hy is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.

‘n Beroep word hiermee gedoen op enigiemand wat inligting het oor die identiteit en verblyfplek van hierdie individue om asseblief die ondersoekbeampte, speur-adjudant-offisier Bradley Davids, te kontak by 082 778 7345 of Stop Misdaad by 0860010111.


Shooting at Table View restaurant

Help trace these men

CRIME SCENE: Table View, Cape Town: Provincial Serious and Violent Crimes Unit detectives in the Western Cape are seeking the assistance of the public in identifying and locating the persons portrayed in the photographs, whom police believe can assist with their investigation into a murder case.

On 25 May 2026, at about 14:00, 33-year-old Vhahangwele Makolana was sitting at a restaurant in Marine Circle, Table View, when three as-yet unidentified males entered the establishment, approached him and started shooting at him. The suspects took his two laptops and cellular phone and fled the scene. He was declared deceased at the scene by medical personnel.

An appeal is hereby made to anyone who may have information regarding the identities and whereabouts of these individuals to please contact the investigating officer, Detective Warrant Officer Bradley Davids, on 082 778 7345 or Crime Stop on 0860010111.


Polisie soek nog verdagtes

Kandidaat en raadslid vermoor

MISDAADTONEEL: Du Noon, Kaapstad: Twee politici is tydens die naweelk se verkiesing-registrasie-naweek doodgeskiet.

Sinovuyo Dyokwe Foto: Via Facebook

Die Demokratiese Alliansie (DA) wykskandidaat vir die komende plaaslike verkiesings, Sinovuyo Dyokwe, is Saterdagaand 20 Junie 2026 omstreeks 18:00 in Du Noon doodgeskiet terwyl sy oppad was huis toe vanaf ‘n registrasielokaal.

Zwide, Gqeberha: ANC-raadslid Sicelo Mleve is ook Saterdagaand omstreeks 18:50 doodgeskiet. Daar word beweer dat twee onbekende gewapende mans sy kantoor bestorm het terwyl ‘n vergadering van ongeveer 10 mense plaagevind het.

Volgens die polisie het die verdagtes die slagoffers met ‘n vuurwapen dreig en almal teenwoordig beveel om hul selfone oor te handig. Een van die verdagtes het toe verskeie skote op Mleve geskiet voordat hulle gevlug het. Hy is op die toneel dood verklaar.


Police hunting suspects

Politicians killed on registration day

CRIME SCENE: Du Noon, Cape Town: Two politicians were gunned down during voter registration weekend.

Sinovuyo Dyokwe Pic: Via Facebook

Democratic Alliance (DA) ward candidate for the upcoming local government elections, Sinovuyo Dyokwe, was killed in Du Noon on Saturday night, 20 June 2026 at about 18:00 while returning home from a voter registration venue.

Zwide, Gqeberha: ANC councillor Sicelo Mleve was also shot and killed Saturday night about 18:50. It is alleged that two unknown armed men stormed his office while a meeting consisting of roughly 10 people was actively underway.

According to the police the suspects held the victims at gunpoint, ordering everyone present to hand over their cellphones. One of the suspects then fired multiple shots at Mleve before fleeing. He was declared deceased on the scene.


Vrou (25) in Ottery gearresteer

Polisie kry vuurwapen onder bad

MISDAADTONEEL: Ottery, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se anti-bende-eenheid het ‘n 25-jarige vrou op Vrydag, 19 Junie 2026 gearresteer vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Die eenheid het ongeveer 15:45 inligting opgevolg oor ‘n perseel in Peter-hof, Ottery, waar vuurwapens na bewering gehou word. Tydens die deursoeking is ‘n 9mm-pistool sonder ‘n reeksnommer en magasyn met 21 rondtes ammunisie in ‘n kas in die verdagte se kamer gevind.

Omstreeks 17:00 dieselfde dag het die lede ‘n perseel in die Edward plakkerskamp, Ottery, deursoek en 50 sakkies tik gevind. Geen arrestasies is hier gemaak nie.

Manenberg: Ook op Vrydag 19 Junie 2026 het die anti-bende-eenheid ‘n perseel in Manenberg-laan deursoek waar hulle ‘n .38-rewolwer sonder ‘n reeksnommer en vier .38-rondes ammunisie wat onder die bad versteek was, gevind. ‘n 35-jarige verdagte is gearresteer op aanklagte van die besit van ‘n verbode vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.

Malmesbury: Tydens ‘n operasie op Vrydag 19 Junie 2026 het die SAPD, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) en die metropolisie ‘n dubbelloop-haelgeweer sonder ‘n reeksnommer, wat by ‘n huis in Chatsworth, Malmesbury begrawe was, gevind. Geen arrestasies is hier gemaak nie.


Suspects arrested in Ottery, Manenberg

Guns found under bath, in closet

CRIME SCENE: Ottery, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) Anti-Gang Unit arrested a 25-year-old woman on Friday, 19 June 2026 for possession of an illegal firearm and ammunition.

At about 15:45, members of the unit followed up on information about a premises in Peter Court, Ottery, where firearms were allegedly being kept. During the search, a 9mm pistol without a serial number and an extended magazine with 21 rounds of ammunition were found inside a cupboard in the suspect’s room.

At about 17:00 the same day the members searched a premises in Edward Informal Settlement, Ottery and found 50 sachets of tik. No arrests were made.

Manenberg: Also on Friday, 19 June 2026 the Anti-Gang Unit searched a premises in Manenberg Avenue where they found .38 revolver without a serial number and four .38 rounds of ammunition hidden under the bath. A 35-year-old suspect was arrested on charges of possession of a prohibited firearm and illegal possession of ammunition.

Malmesbury: During an operation on Friday, 19 June 2026 the SAPS, South African National Defence Force (SANDF) and Metro Police found a double-barrel shotgun without a serial number buried at a house in Chatsworth, Malmesbury. No arrests were made here.


Valke ondersoek moord in Khayelitsha

Polisieman op Vadersdag vermoor

MISDAADTONEEL: Khayelitsha, Kaapstad: Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaad-ondersoeke, bekend as die Valke, ondersoek die Vaderdsdag-moord op ‘n polisiebeampte in Khayelitsha.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die 47-jarige sersant ‘n familielid in Town Two, Khayelitsha besoek toe twee gewapende mans die die plek omstreeks 14:55 op Sondag 21 Junie 2026 inkom.

Hulle het verskeie skote op hom geskiet en in ‘n voertuig gevlug. Die SAPD Wes-Kaap-bestuur het hul meegevoel betuig aan die familie en kollegas van die oorlede polisiebeampte.


Gunmen storms into relative's home

Policeman killed on Father’s Day

CRIME SCENE: Khayelitsha, Cape Town: The Directorate for Priority Crimes Investigations, known as the Hawks, are investigating the murder of a police officer in Khayelitsha on Father’s Day.

According to the South African Police Service (SAPS) the 47-year-old sergeant was in the Khayelitsha area visiting a relative when two gunmen entered the relative’s place in Town Two at approximately 14:55 on Sunday, 21 June 2026.

They fired multiple shots at him and fled in a vehicle. SAPS Western Cape management has expressed condolences to the family and colleagues of the deceased police official.