Wapens ook gevind, 2 vas
Polisie vind stoor vir dwelms
MISDAADTONEEL: Heideveld, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n dwelm stoor wat aan ‘n plaaslike bende behoort, in Sneeuberg-straat, Heideveld, oopgevlek.

Polisielede verbonde aan Operasie Lockdown3 het inligting oor die stoor ontvang en Sondag, 21 Junie 2026 op die perseel toegesak. Volgens die polisie het hulle die perseel deursoek en twee digitale skale, 48 Mandrax-tablette en 39 sakkies kokaïen gevind.
‘n 40-jarige man het toe vrywilliglik ‘n swart sak met 678 sakkies Tik, 63 gram Tik-kristalle en 28 rondtes 9mm-ammunisie oorhandig. Met verdere ondersoek is ‘n 9mm-pistool en kontant ook gevind.
Die 40-jarige is gearresteer vir die besit van dwelms, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.
Manenberg: In ‘n ander voorval is ‘n 52-jarige man Dinsdag, 23 Junie 2026 in Picos Walk, Manenberg, gearresteer vir die besit van ‘n verbode vuurwapen. Die lede het inligting oor ‘n vuurwapen opgevolg en omstreeks 03:00 na die verdagte se huis gegaan, waar hulle ‘n 9mm-pistool sonder ‘n reeksnommer en 15 rondtes ammunisie gevind het.
Volgens die polisie het die verdagte erken dat hy ‘n bendelid is en die vuurwapen gekoop het om homself te beskerm teen ander bendes.
Related News
Vrou se lyk in swart sak gevind
MISDAADTONEEL: Athlone, Kaapstad: Die liggaam van ‘n vrou is Donderdagoggend, 23 Junie 2026 in Kewtown,Read More
Woman’s body found in black bag
CRIME SCENE: Athlone, Cape Town: A body of a woman was discovered in Kewtown, AthloneRead More
