EMS voertuig in Khayelitsha gekaap
Nood-werker ongedeerd ná aanval
MISDAADTONEEL: Khayelitsha, Kaapstad: Nog ‘n personeellid van die Wes-Kaapse Noodmediese Dienste (EMS) is aangeval.

Die werker is Maandag 22 Junie aangeval en gekaap terwyl sy aan diens was.
Konstabel Ndakhe Gwala, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, sê die voorval het by ‘n winkelsentrum in Khayelitsha plaasgevind.
“Die 56-jarige vroulike slagoffer was op pad na haar werksvoertuig toe sy deur gewapende mans genader is wat haar in die voertuig gedwing en met haar weggery het. Die polisie is in kennis gestel deur ‘n ooggetuie en ‘n soektog het gevolg.
“Die slagoffer is nie fisies beseer nie en die voertuig is beskadig teruggevind. Die verdagtes is steeds op vrye voet en die ondersoek duur voort,” het Gwala gesê.
Verlede week is nog ‘n EMS-personeellid, Lionel Rossi, dood terwyl hy agter rowers aan gehardloop het wat na bewering sy selfoon tydens ‘n smas-and-grab voorval in Jan Van Riebeeck-rylaan, Elsiesrivier, gesteel het. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen om die oorsaak van sy dood te bepaal.
Related News
Police find drugs worth about R1m
CRIME SCENE: Mfuleni, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) arrested two suspects forRead More
Tieners in arres
MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se anti-bende-eenheid het drie vuurwapens van dieRead More
