Khayelitsha kaping
EMS voertuig in Khayelitsha gekaap
Nood-werker ongedeerd ná aanval
MISDAADTONEEL: Khayelitsha, Kaapstad: Nog ‘n personeellid van die Wes-Kaapse Noodmediese Dienste (EMS) is aangeval.

Die werker is Maandag 22 Junie aangeval en gekaap terwyl sy aan diens was.
Konstabel Ndakhe Gwala, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, sê die voorval het by ‘n winkelsentrum in Khayelitsha plaasgevind.
“Die 56-jarige vroulike slagoffer was op pad na haar werksvoertuig toe sy deur gewapende mans genader is wat haar in die voertuig gedwing en met haar weggery het. Die polisie is in kennis gestel deur ‘n ooggetuie en ‘n soektog het gevolg.
“Die slagoffer is nie fisies beseer nie en die voertuig is beskadig teruggevind. Die verdagtes is steeds op vrye voet en die ondersoek duur voort,” het Gwala gesê.
Verlede week is nog ‘n EMS-personeellid, Lionel Rossi, dood terwyl hy agter rowers aan gehardloop het wat na bewering sy selfoon tydens ‘n smas-and-grab voorval in Jan Van Riebeeck-rylaan, Elsiesrivier, gesteel het. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen om die oorsaak van sy dood te bepaal.
Polisie vang vier, kry selfone in kar
Kapers se vryheid kortgeknip
MISDAADTONEEL: Khayelitsha, Kaapstad: Die oplettendheid van lede van die Makhaza-misdaadvoorkomingseenheid het daartoe gelei dat ‘n gekaapte voertuig en vermoedelik gesteelde selfone teruggevind is.

Die lede was Dinsdag 19 Mei 2026 omstreeks 17:00 besig met operasies in Lindelaweg, Makhaza toe hulle ‘n silwergrys Renault met vier verdagte mans binne opgemerk het.
“Hulle het die motor gestop, dit deursoek en ses selfone gevind. Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat die motor by die Lingelethu-wes-polisiestasie as gekaap aangemeld is. Daar is ook vasgestel die vier verdagtes ‘n winkel in die Strand beroof het,” het Thembakazi Mpendukana van die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor gesê.
Die verdagtes is gearresteer en word by die Makhaza-polisiestasie aangehou.
