Skote klap dié keer in Malmesbury

Nóg ‘n massaskietery ruk Kaap

MISDAADTONEEL: Malmesbury, Swartland: Nog ‘n massaskietery het die Wes-Kaap geskud.

Dié keer op die eens stil dorpie van Malmesbury waar ‘n skietvoorval twee mense dood en drie beseer gfelaat het op Woensdagoggend, 24 Junie 2026 omstreeks 09:00.

Volgens konstabel Ndakhe Gwala, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, het die Malmesbury-polisie op die voorval op die hoek van Tinki-Tinki- en Kiewet-strate in Wesbank reageer.

“Die motief vir die skietery is vermoedelik bendeverwant. Speurders van die anti-bende-eenheid ondersoek twee aanklagte van moord en drie aanklagte van poging tot moord,” het Gwala gesê.

Ander onlangse massaskietery in die Wes-Kaap sluit in:

● Vier mans is Donderdagaand, 18 Junie 2026, in Lotusrivier doodgeskiet en een gewond.

● ‘n Man is Woensdag, 17 Junie 2026 omstreeks 18:30 in Rio Grande Walk, Manenbrg, dood en vyf beseer.

● Drie mense is Sondagmiddag, 7 Junie 2026 omstreeks 15:45 in Langa doodgeskiet.

● Saterdagaand 6 Junie 2026 omstreeks 19:00 is drie mans by ‘n vrugte- en groentestalletjie in Lower Crossroads, Philippi-Oos, doodgeskiet.

● Vier mans is Dinsdagoggend, 2 Junie 2026 omstreeks 08:30 in ‘n taxi-verwante skietery in Nyanga doodgeskiet.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*