26 jaar direkte tronkstraf in bende-saak

Man sit lank vir dubbele moord

UIT DIE HOF: Mitchells Plain, Kaapstad: Riedewaan Stemmet en Shuib Abrahams is op Sondag, 20 Oktober 2024 koelbloedig  by ‘n huis in Korfbal-straat, Beacon Valley doodgeskiet.

Speur-konstabel Theodoric Cloete van die anti-bende-eenheid het die ondersoek van dié bendeverwante-saak behartig. Hy het dadelik begin om bewyse in te samel, wat gelei het tot die arrestasie van Geronimo Jardien. Borgtog is suksesvol teengestaan ​​en Jardien het vir die duur van die verhoor in aanhouding gebly.

Op Maandag, 22 Junie 2026 is Jardien deur die Mitchells Plain Streekshof skuldig bevind. Die hof het bevind dat Jardien op die dag van die moorde na die huis in Korfbal-straat gegaan waar hy Stemmet en Abrahams gekry het. Hy het verskeie skote afgevuur en die slagoffers noodlottig gewond.

Hy is tot 26 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis en onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Wes-Kaap het die vonnis verwelkom en die ondersoekbeampte en die aanklaers geprys vir hul rol in die suksesvolle skuldigbevinding.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*