Slagoffer verskeie kere in kop getref
Man vroegoggend doodgeskiet
MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ‘n Man is vroeg Vrydagoggend, 7 Augustus 2026 in Tafelsig in ‘n koeëlreën dood.

Konstabel Ndakhe Gwala, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, sê die Mitchells Plain-polisie het omstreeks 4:20 op ‘n skietery in Ruwenzori-straat, Tafelsig, gereageer.
“Met hul aankoms het hulle op die liggaam van ‘n 42-jarige man met veelvuldige skietwonde aan die kop afgekom. Hy is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar.
“Die polisie het ‘n saak van moord geopen en geen arrestasies is nog op hierdie stadium gemaak nie,” het Gwala gesê.
Related News
Man dies hours after wife is killed
CRIME SCENE: Thembisa, Gauteng: The estranged husband of a murdered woman has been found deadRead More
Twee sit lank oor GBV
UIT DIE HOF: Die Ceres-streekshof het twee mans wat hul intieme lewensmaats gewelddadig aangerand het,Read More
