Buitelander kom nie verby polisie-vangnet

R11-m se dwelms op N2 gevind

MISDAADTONEEL: Riviersonderend, Overberg: ‘n Buitelander se beweerde dwelm-smokkelary het skielik dié klein dorpie tot ‘n einde gekom.

Die man is vasgekeer tydens ‘n stop-en-deursoek-operasie  Dinsdag 25 Augustus 202 op die N2 in Riviersonderend, waar dwelms ter waarde van nagenoeg R11 miljoen ontdek is.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die polisie ‘n swart Nissan Tida omstreeks 22:35 tydens die operasie voorgekeer.

“Met die deursoeking van die voertuig het die polisie 87 pakkies Mandrax-tablette, 16 pakkies ongesnyde crystal meth (Tik) en twee blokke kokaïen in die kattebak gevind.

“‘n 37-jarige buitelandse man is gearresteer vir die besit van dwelms,” het die SAPD gesê.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*