Polisie, wetstoepassers slaan toe in Elsiesrivier
Smash-and-grab boewe vasgetrek
MISDAADTONEEL: Elsiesrivier, Kaapstad: Vyf vermeende smash-and-grab boewe het hulle rieme lelik styf geloop toe wetstoepassers hulle op heterdaad betrap het.

Die verdagtes is gedurende ‘n intelligensie-gedrewe operasie deur die Stad Kaapstad se Wetstoepassing- en Metropolisie-departemente, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en drone-span, gearresteer..
‘n Verklaring wat deur die Stad uitgereikl is, lui dat intelligensiespanne na verskeie voorvalle oor die afgelope paar weke beskikbare data ontleed en CCTV-beeldmateriaal hersien het om die verdagtes te identifiseer..
“Die SAPD het ‘n operasie met die Stad se departemente begin en ondersoekers het lasbriewe vir arrestasie verkry. ‘n Gekoördineerde operasie is van stapel gestuur om die betrokkenes aan te keer.
“Tydens die operasie het die Stad se drone-span regstreekse monitering uit die lug verskaf, wat beamptes op die grond in staat gestel het om die verdagtes se bewegings op te spoor. Die operasie is afgesluit met die suksesvolle arrestasie van al vyf verdagtes,” lui die verklaring.
Die Stad se Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê hy het in Maart met die sake rolspelers en operasionele personeel in die gebied vergader om die voortdurende uitdaging smash-and-grab voorvalle te bespreek.
“Ek wil die SAPD en die Stad se wetstoepassing-agentskappe prys vir die vordering vir hulle werk wat gelei het tot die arrestasies,” het Smith gesê.
Die publiek word daaraan herinner om noodgevalle, of enige verdagte en/of kriminele aktiwiteite, aan te meld deur die Openbare Nood kommunikasie-sentrum te skakel by 021 480 7700.
Related News
SAPD dank generaal Kahn af
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Generaal-majoor Feroz Khan afgedank. “Generaal-majoor Khan is ontslaan ingevolge RegulasieRead More
Feroz Kahn no longer a general
The South African Police Service (SAPS) have fired Major General Feroz Khan from the Service.Read More
