Skieters teiken 23-jarige en haas weg van toneel

Man helderoordag vermoor

MISDAADTONEEL: Retreat, Kaapstad: ‘n Man is in ‘n straat net agter die Retreat-daghospitaal doodgeskiet.

Die voorval het helderoordag Donderdagoggend, 8 Oktober 2026, omstreeks 11:00 in Blagden-straat plaasgevind terwyl baie mense die hospitaal besoek het.

Wesley Twigg, ‘n woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, het gesê Steenberg-polisie het op ‘n klagte van ‘n skietery reageer en met hul aankoms op die toneel, ‘n man met skietwonde aan sy liggaam gevind.

“Die slagoffer, ‘n 23-jarige man, is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar. Volgens inligting is die slagoffer deur twee verdagtes genader wat hom geskiet en van  die toneel gevlug het.

“Daar word vermoed dat die motief vir die aanval bendeverwant is. Steenberg speurders ondersoek ‘n moordsaak,” het Twigg gesê.

Enigeen met inligting oor hierdie skietvoorval kan Stop Misdaad by 08600 10111 kontak of die MySAPS-App anoniem gebruik.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*