Slagoffers afgemaai terwyl hulle voor huis sit
Vier in Grassy Park geskiet
MISDAADTONEEL: Grassy Park, Kaapstad: Drie mense is hier doodgeskiet en een gewond in ’n massaskietery Sondagaand, 8 November 2026.

Net ’n entjie verder in Sewende-laan, Lotusrivier, is nog ’n persoon dieselfde aand doodgeskiet.
Speurders van die Anti-Bende-eenheid ondersoek die skietvoorval wat omstreeks 20:15 in Glen-singel, Grassy Park plaasgevind het, sê die bevelvoerder van die Wes-Kaapse polisie se mediasentrum, luitenant-kolonel FC van Wyk.
“Die voorval het die lewens van drie mans tussen die ouderdomme van 22 en 39-jaar gevat en ’n vierdeeen is gewond.
“Volgens inligting het ’n wit Toyota Tazz voor ’n huis in Glen-singel, waar die vier slagoffers gesit het, gestop. Die insittendes van die voertuig het toe op die vier geskioet en van die toneel gevlug,” sê Van Wyk.
Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word dringend versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak of die MySAPS-App anoniem te gebruik.
Related News
Broers sit 25-jaar vir verkragting
UIT DIE HOF: Twee broers van Concordia in die Noord-Kaap is tot 25-jaar tronkstraf gevonnisRead More
Brothers get 25 years for rape
FROM THE COURTS: Two brothers from Concordia in the Northern Cape have been sentenced toRead More
