3 kinders, tiener gewond
Bloed vloei in Bontas
MISDAADTONEEL: Bonteheuwel, Kaapstad: Speurders van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se anti-bende-eenheid (ABE) ondersoek twee skietvoorvalle nadat vyf mense Dinsdagaand,14 April 2026 in Bonteheuwel gewond is.

In een voorval in Amandelstraat het ‘n groep mense buite ‘n winkel gestaan toe ‘n voertuig hulle nader, twee verdagtes uitgespring en op hulle begin skiethet. ‘n Tiener (16) en drie kinders van 12, 11 en 10-jaar-oud, is gewond. Die slagoffers is vir behandeling na ‘n mediese fasiliteit geneem.
In die tweede voorval in Citrusstraat is ‘n 30-jarige man uit ‘n bewegende voertuig in die rug geskiet. Hy is ook na ‘n hospitaal vervoer.
Volgens die polisie hou die skietery moontlik verband met bendegeweld. Geen arrestasies is nog gemaak nie.
▪Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se anti-bende-eenheid (ABE) is ‘n gespesialiseerde, nasionale eenheid wat in November 2018 van stapel gestuur teen kriminele bendesl. Die ABE fokus op onwettige vuurwapens, dwelms en bendeverwante moorde.
Related News
SAPS raid suspected Southern Cape drug dens
CRIME SCENE: Dysselsdorp, Southern-Cape: A clampdown on illicit drug outlets in Dysselsdorp outside Oudtshoorn, ledRead More
Gatslag teen dwelms in Suid-Kaap
MISDAADTONEEL: Dysselsdorp, Suid-Kaap: Die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) het vandeesweek hard toegeslaan op vermeende onwettige dwelmhuiseRead More
