Ou steek dwelms in wasmasjien weg
Twee vas vir Mandrax, medisyne
MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: Twee mans sit agter tralies nadat hulle met Mandrax en onwettige medisyne gevang is.

Volgens die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor het polisielede verbonde aan Operasie Lockdown III inligting ontvang oor ‘n huis waar dwelms verkoop is.
Die polisie het die perseel in Hanover Park-laan, Hanover Park op Sondag 10 Mei 2026 deursoek en ‘n plastieksak in ‘n wasmasjien gevind. Binne-in die sak was 900 Boss Mandrax-tablette met ‘n geraamde straatwaarde van R45 000. ‘n 19-jarige man is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.
Die polisie het verder gesê dat die lede voortgegaan om die perseel verder te deursoek en vier bokse met medisyne gevind – 80 x 100 ml bottels Astrapain-stroop en 10 x 100 ml bottels Stilpyn. ‘n 39-jarige man is in hegtenis geneem vir die besit van die onwettige mediese produkte.
Related News
Arrests a bitter pill to swallow
CRIME SCENE: Hanover Park, Cape Town: The South African Police Service have a arrested twoRead More
Drie mans wreed vermoor
MISDAADTONEEL: Mfuleni, Kaapstad: Drie jong mans is vanoggend wreed die Green Park-informele nedersetting in MfuleniRead More
