Polisie vang ou met wapen, ammunisie
Hondehok is geen wegsteekplek
MISDAADTONEEL: Lavender Hill, Kaapstad: ‘n Man se poging om ‘n onwettige vuurwapen na bewering op ‘n hondehok weg te steek vir die polisie, het nie geslaag nie.

Die 34-jarige man van Lavender Hill is Woensdagaand 13 Junie 2026 om 23:25 in hegtenis geneem vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie.
Volgens Kaptein FC Van Wyk, ‘n media skakelbeampte van die Wes-Kaapse polisie, het Steenberg-polisie se misdaadvoorkomingseenheid inligting ontvang van ‘n man wat na bewering in besit was van ‘n vuurwapen by ‘n huis in Roos-hof, Lavender Hill.
“Hulle het die inligting opgevolg en die perseel en die man deursoek. Hulle het ‘n Taurus Brasil .38 Special rewolwer sonder ‘n reeksnommer en tien .38-patrone op die hondehok gevind, asook ‘n swart handsak wat gebruik is om die vuurwapen weg te steek,” het Van Wyk gesê
Related News
Skote klap behoorlik op Kaapse Vlakte
MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: Daar was verskeie skietvoorvalle op die Kaapse Vlakte Donderdagaand, 14 MeiRead More
Bloody night on Cape Flats
CRIME SCENE: Hanover Park, Cape Town: The area experienced another bloody night on Thursday, 14Read More
