Roos-hof
Polisie vang ou met wapen, ammunisie
Hondehok is geen wegsteekplek
MISDAADTONEEL: Lavender Hill, Kaapstad: ‘n Man se poging om ‘n onwettige vuurwapen na bewering op ‘n hondehok weg te steek vir die polisie, het nie geslaag nie.

Die 34-jarige man van Lavender Hill is Woensdagaand 13 Junie 2026 om 23:25 in hegtenis geneem vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie.
Volgens Kaptein FC Van Wyk, ‘n media skakelbeampte van die Wes-Kaapse polisie, het Steenberg-polisie se misdaadvoorkomingseenheid inligting ontvang van ‘n man wat na bewering in besit was van ‘n vuurwapen by ‘n huis in Roos-hof, Lavender Hill.
“Hulle het die inligting opgevolg en die perseel en die man deursoek. Hulle het ‘n Taurus Brasil .38 Special rewolwer sonder ‘n reeksnommer en tien .38-patrone op die hondehok gevind, asook ‘n swart handsak wat gebruik is om die vuurwapen weg te steek,” het Van Wyk gesê
