Doodgeskiet met haelgeweer en pistole
Tiener brutaal in Retreat vermoor
MISDAADTONEEL: Retreat, Kaapstad: ‘n Tienerseun is Maandagmiddag 18 Mei 2026 brutaal vermoor toe daar vanuit ‘n kar verskeie kere met ‘n haelgeweer en pistole op hom geskiet is.

Konstabel Ndakhe Gwala, ‘n media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, sê inligting dui daarop dat die 15-jarige slagoffer op ‘n reling in Blagden-straat gesit het toe ‘n wit Kia Picanto hom nader.
“Die insittendes van die voertuig het met 9 mm-pistole en ‘n haelgeweer op die slagoffer begin skiet. Hy het veelvuldige skietwonde opgedoen en is op die toneel dood. Die motief vir die skietery word ondersoek en geen arrestasie is nog gemaak nie,” het konstabel Ndakhe gesê.
Related News
Dronkie vas vir gesteelde trokkie
Die Stad Kaapstad se wetstoepassers het verlede week ten minste drie onwettige vuurwapens en seweRead More
City cops recover illegal arms
THE City of Cape Town’s law enforcement agencies recovered at least three illegal firearms andRead More
