Poging to moord in Parkwood
Skieter tref man in bors
MISDAADTONEEL: Parkwood, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Grassy Park het ‘n saak van poging tot moord geopen na ‘n skietery vroeg Dinsdagoggend, 2 Junie 2026 in Parkwood.

Gerugte dui daarop dat iemand ‘n Somaliese burger in sy winkel geskiet het.
Volgens ‘n skakelbeampte van die Wes-Kaapse polisie, sersant Wesley Twigg, het die skietery om 06:50 in Heath-weg plaasgevind.
“
Toe polisielede by die toneel aankom, het hulle die manlike slagoffer gevind wat ‘n skietwond in sy bors opgedoen het. Hy is in ‘n privaat voertuig na ‘n mediese fasiliteit vervoer. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en arrestasies moet nog gemaak word,” het Twigg gesê.
Related News
Man in kar afgemaai
MISDAADTONEEL: Die polisie is op soek na ten minste twee verdagtes nadat ’n 30-jarige manRead More
Police raid drug lab
CRIME SCENE: Ramokokastad, North West Province: Four people, including two 71-year-old women, have been arrestedRead More
