Grassy Park polisie

 
 

Tweede massa-skietery in 24-uur

Koeëls eis 4 in Lotusrivier

MISDAADTONEEL: Lotusrivier, Kaapstad: Vier mans is Donderdagaand, 18 Junie 2026 in Lotusrivier doodgeskiet en nog een gewond.

Volgens ‘n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), brigadier Novela Potelwa, ondersoek speurders van die Wes-Kaapse anti-bende-eenheid die omstandighede rondom die voorval.

Potelwa het gesê vyf mans het omstreeks 22:30 voor ‘n woonstelblok op die hoek van Nita- en Olga-strate gesit toe ‘n voertuig met verskeie insittendes daar aankom.

“Die insittendes het uitgespring en op die slagoffers geskiet. Vier mans tussen die ouderdomme van 32 en 44-jaar is op die toneel dood en nog een is met ernstige beserings na ‘n mediese fasiliteit geneem.

“Polisie-ontplooiings in die gebied is sedertdien versterk verdere skietvoorvalle te verhoed. Grassy Park-polisie het moord- en poging tot moord-dossiere oopgemaak.

“Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die motief vir die skietery bendeverwant is. Geen arrestasies is nog gemaak nie,” het Potelwa gesê.

Donderdagaand se voorval was die tweede massa-skietery op die Kaapse Vlakte in net meer as 24-uur. Woensdagaand, 17 Januarie 2026, is ‘n 22-jarige man doodgeskiet en vier ander, onderskeidelik 24, 35, 36 en 48-jaar-oud, en ‘n 56-jarige vrou, beseer toe gewapende mans op hulle losgebrand het in Rio Grande Walk, Manenberg.

Volgens ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, kaptein FC van Wyk, het ‘n silwergrys motor af in Rio Grande Walk gery. Dit het stilgehou, die insittendes het uitgeklim en op die slagoffers begin skiet.

Polisiebeamptes wat in die gebied patrolleer het, het op die voorval reageer en met hul aankoms het die verdagtes op hulle geskiet. ‘n 42-jarige SAPD-beampte is as gevolg in sy kop beseer.


Poging to moord in Parkwood

Skieter tref man in bors

MISDAADTONEEL: Parkwood, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Grassy Park het ‘n saak van poging tot moord geopen na ‘n skietery vroeg Dinsdagoggend, 2 Junie 2026 in Parkwood.


Gerugte dui daarop dat iemand ‘n Somaliese burger in sy winkel geskiet het.

Volgens ‘n skakelbeampte van die Wes-Kaapse polisie, sersant Wesley Twigg, het die skietery om 06:50 in Heath-weg plaasgevind.

Toe polisielede by die toneel aankom, het hulle die manlike slagoffer gevind wat ‘n skietwond in sy bors opgedoen het. Hy is in ‘n privaat voertuig na ‘n mediese fasiliteit vervoer. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en arrestasies moet nog gemaak word,” het Twigg gesê.


Seun (15) in Lotusrivier doodgeskiet

Tragies einde vir tiener

MISDAADTONEEL: Lotusrivier, Kaapstad: ‘n Tienerseun se lewe het Woensdagoggend 27 Mei 2026 in Lotusrivier tot ‘n tragiese einde gekom toe hy doodgeskiet is.

Volgens sersant Wesley Twigg van die Wes-Kaapse polisie se media sentrum het Grassy Park-polisie om 9:50 gereageer op ‘n skietery in Simon-weg, Lotusrivier.

“Toe hulle by die toneel aankom, het hulle ‘n 15-jarige seun met ‘n skietwond in sy bors en ‘n 22-jarige man met ‘n skietwond in sy maag aangetref. Beide slagoffers is deur mediese personeel na die hospitaal vervoer,” het Twigg gesê.

Die seun is later in die hospitaal oorlede weens sy beserings. Die polisie ondersoek moord- en poging tot moord-sake.

Mense met inligting oor die voorval kan Crime Stop kontak by 08600 10111 of die MySAPS-App anoniem gebruik.


Man op toneel dood verklaar

Twee in Ottery geskiet

MISDAADTONEEL: Ottery, Kaapstad: ‘n Man is dood en nog een gewond tydens ‘n skietery in Ottery Woensdagmiddag, 20 Mei 2026.

Volgens sersant Wesley Twigg, ‘n mediaskakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, het die skietery omstreeks 17:20 in Hooggenoeg-hof, Ottery, plaasgevind.

Twigg het gesê ‘n 42-jarige man is deur onbekende verdagtes genader. Hulle het hom geskiet en van die toneel gevlug.

“Die slagoffer is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar, terwyl ‘n 59-jarige man deur ‘n dwaalkoeël getref en na die hospitaal geneem is vir behandeling,” het hy gesê.

Mense met inligting oor die voorval kan Crime Stop kontak by 08600 10111 of die MySAPS-App anoniem gebruik.


Inligting van gemeenskap speel groot rol

Polisie op Kaapse Vlakte konfiskeer wapens

MISDAADTONEEL: Samora Machel, Kaapstad: Die polisie het die afgelope paar dae ‘n aantal onwettige vuurwapens van Kaapse Vlakte strate verwyder en verdagtes wat daarmee verbind word, gearresteer.

Op Dinsdag 19 Mei 2026 omstreeks 05:40 in Samora Machel is ‘n 42-jarige man gearresteer vir die besit van twee onwettige vuurwapens.

Volgens die polisie in die Wes-Kaapse media kantoor is die twee 9mm-pistole in sy huis gevind nadat die polisie inligting ontvang en opgevolg het.

Kraaifontein: Vroeër dieselfde oggend, omstreeks 03:00, het verskeie eenhede patrollies in Kraaifontein uitgevoer.

Die polisie sê hulle het intelligensie ontvang oor dwelmaktiwiteite by ‘n huis in die area. Hulle het vinnig gereageer en die plek deursoek, wat gelei het tot die ontdekking van ‘n .38 Special rewolwer en 13 rondtes ammunisie wat in die plafon versteek was.

‘n 31-jarige man is gearresteer vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Parkwood: Maandag, 18 Mei 2026 het ‘n gesamentlike operasie tussen die anti-bende-eenheid (AGU) en die inligting-span by ‘n huis in Moosa Walk, Parkwood, gelei tot die arrestasie van ‘n 40-jarige man op aanklagte van die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie, wat in ‘n watermeter in die agterplaas versteek was.

Grassy Park: Sondag, 17 Mei 2026 ongeveer 23:45 het die Grassy Park-polisie inligting opgevolg oor ‘n vuurwapen by ‘n huis op die hoek van Merlin- en Buzzard-weg. Hulle het die woning deursoek en ‘n 9mm-pistool en 38 rondtes ammunisie gevind.

Verdere ondersoeke het aan die lig gebring die vuurwapen is as gesteel in Bishop Lavis aangemeld. ‘n 19-jarige vrou wat in die huis was, is gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.