Twee mans deur die kop geskiet

Gru-ontdekking by spoorlyn

MISDAADTONEEL: Maitland, Kaapstad: Die liggame van twee mans met skietwonde aan die koppe is langs die spoorlyn by ‘n plakkerskamp in Maitland gevind.

Dié grusame ontdekking is Vrydagoggend, 5 Junie gemaak.

Volgens Thembakazi Mpendukana van die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor is die liggame van die twee mans op die spoorlyn langs die Oya-informele nedersetting ontdek.

“Twee moordsake is by die Maitland-polisiestasie aanhangig gemaak na die ontdekking van twee liggame met skietwonde aan hul koppe. Die motief is tans onbekend en die omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het Mpendukana gesê.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*