Twee mans en 'n vrou agter tralies
Polisieman met byl aangeval
MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het drie mense gearresteer ná konstabel Maandagoggend, 8 Junie 2026 wreed met ‘n byl aangeval is.

‘n Media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, Kolonel André Traut, sê die voorval het omstreeks 02:00 plaasgevind terwyl die konstabel buite die SAPD Gemeenskap-dienssentrum in Delft gestaan het.
‘n Verdagte het die konstabel genader en met ‘n byl op die kop geslaan, wat ernstige beserings veroorsaak het.
Volgens Traut het ‘n kollega wat die voorval gesien het, onmiddellik gereageer en waarskuwing-skote afgevuur. Die verdagtes het gevlug en hulle voertuig agter gelaat in ‘n poging om arrestasie te ontduik.
“’SAPD-lede en LEAP (Law Enforcement Advancement Plan) beamptes het vinnig reageer en saamgespan om die area te deursoek. Drie verdagtes, twee mans van 23- en 25-jaar-oud en ‘n 23-jarige vrou is kort daarna gearresteer. Die byl wat vermoedelik in die aanval gebruik is, is ook teruggevind,” het Traut gesê.
Die beseerde polisiebeampte is na ‘n hospitaal vervoer vir behandeling en sy toestand is stabiel.
Die omstandighede rondom die aanval word ondersoek.
Related News
Body found in drain
LANSDOWNE, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) registered an inquest following the discoveryRead More
Teens gunned down at spaza
CRIME SCENE: Mitchells Plain, Cape Town: Two teenagers, a boy and girl, have been gunnedRead More
