Delft polisie

 
 

Twee mans en 'n vrou agter tralies

Polisieman met byl aangeval

MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het drie mense gearresteer ná konstabel Maandagoggend, 8 Junie 2026 wreed met ‘n byl aangeval is.

Die foto is slegs vir illustrasie doeleindes.

‘n Media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, Kolonel André Traut, sê die voorval het omstreeks 02:00 plaasgevind terwyl die konstabel buite die SAPD Gemeenskap-dienssentrum in Delft gestaan ​​het.

‘n Verdagte het die konstabel genader en met ‘n byl op die kop geslaan, wat ernstige beserings veroorsaak het.

Volgens Traut het ‘n kollega wat die voorval gesien het, onmiddellik gereageer en waarskuwing-skote afgevuur. Die verdagtes het gevlug en hulle voertuig agter gelaat in ‘n poging om arrestasie te ontduik.

“’SAPD-lede en LEAP (Law Enforcement Advancement Plan) beamptes het vinnig reageer en saamgespan om die area te deursoek. Drie verdagtes, twee mans van 23- en 25-jaar-oud en ‘n 23-jarige vrou is kort daarna gearresteer. Die byl wat vermoedelik in die aanval gebruik is, is ook teruggevind,” het Traut gesê.

Die beseerde polisiebeampte is na ‘n hospitaal vervoer vir behandeling en sy toestand is stabiel.

Die omstandighede rondom die aanval word ondersoek.