Verdagtes steeds op vrye voet
Ses binne ure doodgeskiet
MISDAADTONEEL: Langa: Kaapstad: Ses mense is binne ‘n paar uur van mekaar in twee afsonderlike voorvalle in Langa en Philippi-Oos doodgeskiet.

Speurders van die Ernstige en Geweldsmisdaad-eenheid ondersoek ‘n driedubbele moord wat Sondagmiddag 7 Junie 2026 in Langa plaasgevind het.
Volgens die Wes-Kaapse polisie se media kantoor het beamptes op patrollie gereageer op ‘n skietery omstreeks 15:45 by ‘n braai staanplek in Chief Albert Luthuli-straat. Toe hulle by die toneel aankom, het hulle drie mans met noodlottige skietwonde aangetref.
Die motief vir die aanval is nog onbekend en geen arrestasies is in hierdie stadium gemaak nie.
Philippi-Oos: In die ander voorval, Saterdagaand 6 Junie 2026 omstreeks 19:00, is drie mans by ‘n vrugte- en groentestalletjie in Ntloyiyastraat, Lower Crossroads, Philippi-Oos doodgeskiet.
Die polisie sê drie verdagtes het op die slagoffers losgebrand. Hulle het veelvuldige skietwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die motief is nog onbekend en geen arrestasies is nog gemaak nie.
Mense met inligting oor die voorvalle kan dit anoniem aan meld by Crime Stop op 08600 10111 of gebruik die MySAPS-App.
Related News
Polisie kry wapens in bakkie
MISDAADTONEEL: Dieprivier, Kaapstad: Die polisie het Saterdag, 6 Junie 2026 drie mans in ‘n bakkieRead More
Police recover 3 illegal guns
CRIME SCENE: Diep River, Cape Town: Members of Diep River Crime Prevention Unit arrested threeRead More
