62-jarige laas by Kaapstad-lughawe gesien
Vrou spoorloos ná sy inboek
JONGSTE! ‘n Vrou wat in Mei 2026 as vermis aangemeld is, is reeds op 29 Januarie 2026 aan natuurlike oorsake oorlede, het die SAPD bevestig.
“Die ondersoek na ‘n vermiste persoon, Naomi Gaynor Bernes, is afgehandel. Ná navrae deur die Buro vir Vermiste Persone is inligting ontvang en geverifieer deur die prokureur wat verantwoordelik is vir die administrasie van haar boedel.
“Dit is bevestig dat mev. Bernes op 29 Januarie 2026 aan natuurlike oorsake oorlede is. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens betuig sy opregte meegevoel aan die familie en geliefdes van mev. Bernes gedurende hierdie moeilike tyd,” het die polisie gesê.
DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Wes-Kaapse Buro vir Vermiste Persone het hierdie foto vrygestel van ‘n vrou wat gesoek word.

Volgens die SAPD is die 62-jarige Naomi Gaynor Bernes op 12 Mei 2026 in die Verenigde Koninkryk as vermis aangemeld. Gernes het op 20 April 2026 by die Kaapstad Internasionale lughawe ingeboek om terug te vlieg na die Verenigde Koninkryk, maar het nooit aan boord die vliegtuig gegaan nie. Sy is sedertdien spoorloos.
Britse owerhede het haar probeer kontak, maar sonder sukses. Enigiemand met enige inligting of wie weet waar Gernes haar bevind, word vriendelik versoek om die ondersoekbeampte, Adjudant Offisier Yolande Van Der Merwe, te kontak by 082 411 3808 of Crime Stop by 08600 10111 of via die MySAPS-App.
Related News
Help find missing woman
UPDATE! A woman who was reported missing in May 2026, died of natural causes onRead More
Man (59) vas vir mensehandel, verkragting
MISDAADTONEEL: Milnerton, Kaapstad: ‘n 59-jarige man het Donderdag, 18 Junie 2026 in die Kaapstadse landdroshofRead More
