SAPD vermis foto

 
 

62-jarige laas by Kaapstad-lughawe gesien

Vrou spoorloos ná sy inboek

DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Wes-Kaapse Buro vir Vermiste Persone het hierdie foto vrygestel van ‘n vrou wat gesoek word.

Volgens die SAPD is die 62-jarige Naomi Gaynor Bernes op 12 Mei 2026 in die Verenigde Koninkryk as vermis aangemeld. Gernes het op 20 April 2026 by die Kaapstad Internasionale lughawe ingeboek om terug te vlieg na die Verenigde Koninkryk, maar het nooit aan boord die vliegtuig gegaan nie. Sy is sedertdien spoorloos.

Britse owerhede het haar probeer kontak, maar sonder sukses. Enigiemand met enige inligting of wie weet waar Gernes haar bevind, word vriendelik versoek om die ondersoekbeampte, Adjudant Offisier Yolande Van Der Merwe, te kontak by 082 411 3808 of Crime Stop by 08600 10111 of via die MySAPS-App.