Skietery in Elsiesrivier vermoedelik bendeverwant
Man voor sy huis afgemaai
MISDAADTONEEL: Elsiesrivier, Kaapstad: ‘n Man is Dinsdagaand 26 Junie 2026 voor sy huis doodgeskiet.

Volgens ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, kaptein FC van Wyk, het lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) van Elsiesrivier om 19:45 gereageer op ‘n skietvoorval by ‘n perseel in Ou Stellenbosch-weg, Clarke Estate, Elsiesrivier.
“Met hul aankoms het hulle die 43-jarige oorledene op die sypaadjie voor sy huis met veelvuldige skietwonde aan sy liggaam gevind. ‘n Moordsaak is geopen. Die motief vir die moord is vermoedelik bendeverwant,” het Van Wyk gesê.
Hy het mense met inligting oor die voorval versoek om Crime Stop op 08600 10111 te kontak of dit anoniem via die MySAPS-App aan te meld.
Related News
Broers sit 25-jaar vir verkragting
UIT DIE HOF: Twee broers van Concordia in die Noord-Kaap is tot 25-jaar tronkstraf gevonnisRead More
Brothers get 25 years for rape
FROM THE COURTS: Two brothers from Concordia in the Northern Cape have been sentenced toRead More
