Polisie maak gru-vonds in Kewtown
Vrou se lyk in swart sak gevind
Jongste! Rashaad “Boontjie” Daniels is aangekla van die moord op Suraan Windvogel (31) van Kewtown. Daniels het Maandag, 29 Junie 2026 sy eerste verskyning in die Athlone-landdroshof gemaak. Die saak is uitgestel tot Maandag 6 Julie 2026 en Daniels bly agter tralies.
JONGSTE! ‘n 60-jarige man sal binnekort in die hof verskyn in verband met die moord op Suraan Windvogel, wie se liggaam verlede week in ‘n vullissak in Kewtown gevind is. Volgens die polisie is die verdagte Vrydag, 26 Junie 2026 in gearresteer.
MISDAADTONEEL: Athlone, Kaapstad: Die liggaam van ‘n vrou is Donderdagoggend, 23 Junie 2026 in Kewtown, Athlone, ontdek.

Volgens Thembakazi Mpendukana van die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor het die Athlone-polisie omstreeks 10:00 die ontbinde liggaam van ‘n onbekende vrou in ‘n sak in Cross Boulevard, Kewtown, ontdek.
“’n Geregtelike doodsondersoek is geopen en ‘n nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die oorsaak van dood te bepaal,” het Mpendukana gesê.
Oral op sosiale media is die daad as boos beskryf en mense wou weet wanneer al die moorde in die land gaan stop.
Related News
Lyk in straat gevind
MISDAADTONEEL: Kuilsrivier, Kaapstad: ‘n Man is in Kalkfontein, Kuilsrivier, doodgeskiet. Volgens ‘n skakelbeampte vir dieRead More
Police discover man dead in street
CRIME SCENE: Kuilsriver, Cape Town: A man has been shot and killed in Kalkfontein, Kuilsriver.Read More
